News

Meer as ’n miljoen se skade ná sabotasie by mini-substasies

Die skade wat verlede week aan twee mini-substasies in Parys aangerig is nadat dit letterlik deur diewe leeggedra is, word op R1,2 miljoen geskat.

Die sabotasie van die mini-substasies in Jan Fiskaalstraat in Oudewerfpark, en in Boomstraat, het benewens die finansiële skade vir die Ngwathe munisipaliteit, sommige inwoners vir ure sonder krag gelaat, terwyl tegnici die kragtoevoer moes herstel.
Die kommerwekkende toename in voorvalle van diefstal, sabotasie en vandalisme by sleutelpunte in Ngwathe se water- en elektrisiteitstoevoernetwerk, noodsaak lank reeds drastiese optrede.
Daarom is as gesamentlike inisiatief tussen die Ngwathe Munisipaliteit en die Parys Ontwikkelingsforum, die moontlikheid ondersoek om sekuriteitskamerastelsels by drie sleutelpunte in die dorp se water- en elektrisiteitsnetwerk te installeer.
Die sukses van sekuriteitskamerastelsels wat langs paaie en by ander sleutelpunte in die area geïnstalleer is, het reeds bewys dat dit groot sukses het met misdaadbekamping, ​​en kan dit hopelik ‘n einde bring aan die gereelde verliese wat die munisipaliteit, sake-eienaars en inwoners ly. Sodra dit geïnstalleer is, sal die kameras 24/7 gemonitor word met onmiddellike reaksie, sou enige kriminele aktiwiteite opgetel word.
Vir die installering van die sekuriteitskamerastelsels by die drie sleutelpunte wat geïdentifiseer is, word ‘n bedrag van minstens R330 000 egter benodig, waarvoor ondersteuning van die sakegemeenskap sowel as inwoners broodnodig is om met befondsing te help.
Die projek sal in fases gedoen kan word met minstens R50 000 wat nodig is vir die eerste fase van die installasie.
Die sakesektor en inwoners kan bydra vir die projek deur ‘n skenking in die volgende rekening te maak: Parys Ontwikkelings Forum, FNB, Gold Business Account, Rekeningnommer: 63005811773, Takkode: 230736, Taknaam: PARYS

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button