News

Swaar straf vir voormalige AfriForum streekkoördineerder

Die bedrog is tussen Januarie 2016 en Januarie 2018 gepleeeg. 

‘n Voormalige streekskoördineerder van AfriForum wat dié burgerregte organisasie se tak in Bloemfontein bestuur het, moet dié organisasie nou R720 000 terugbetaal, nadat hy in die Bloemfonteinse streekhof skuldig bevind is aan bedrog wat verband hou met die diefstal van kameras. Pieter (Pieta) Myburg (36), is benewens die bedrogklag ook skuldig bevind aan dwarsboming van die gereg.

Valke-woordvoerder, kapt. Chris Singo, sê benewens die R720 000 (wat Myburg oor ‘n tydperk van 5 jaar in paaiemente van R12 000 per maand aan AfriForum moet betaal, is hy ook ‘n vonnis van 8 jaar opgelê wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is. Hy het ook 36 maande korrektiewe toesig gekry.

By die bedrag wat terugbetaal moet word is is rente ingewerk.

Die klagte teen Myburg het gevolg nadat hy AfriForum op 26 Januarie 2018 laat weet het dat kameras by die takkantoor gesteel is. AfriForum het egter inligting gekry van Myburg se beweerde betrokkenheid by die diefstal en toe ondersoek ingestel.

Met die interne ondersoek is gevind dat Myburg verskeie kwotasies aan die AfriForum-hoofkantoor gestuur het vir die koop van die kameras wat toe nooit gekoop is nie.

Van die kameras waarvoor kwotasies ingedien is, is ook nooit as gesteel aangemeld nie, en is die geld wat van die AfriForum hoofkantoor ontvang is vir sy eie gewin gebruik, sê kapt. Singo.

AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, het gesê dat die organisasie tevrede is met die vonnis, en dat die geld aan AfriForum terugbetaal sal word. Hy het beklemtoon dat die organisasie geen verdraagsaamheid teenoor enige vorm van korrupsie het nie, en dat dit vir AfriForum ‘n saak van erns is om ledegeld met omsigtigheid te bestuur.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button