Reën demp nie atlete se geesdrif
Daar was ongeveer 750 atlete in al drie die afstande en ons glo dat daar baie meer sou opdaag indien dit nie gereën het nie. Baie dankie aan Carla de Villiers van Vaal Mall, Roopseh Sing van Abussiswe Airconditioners en Anderson en Kerr wat vir ons die wedloop moontlik gemaak het.
Die ArcelorMittal Vaal Mall nagwedlope 5km, 10km en 15km het plaasgevind op 16 Maart vanaf die Vaal Mall in Vanderbijlpark. Tenspyte van die reën is die atlete se geesdrif nie gedemp toe ds. Rudi Booyens die wedlope met gebed begin het en dankie gesê het vir die reën nie. Al die atlete het in die reën gestaan en wag en spontaan hander geklap.
Daar was ongeveer 750 atlete in al drie die afstande en ons glo dat daar baie meer sou opdaag indien dit nie gereën het nie. Baie dankie aan Carla de Villiers van Vaal Mall, Roopseh Sing van Abussiswe Airconditioners en Anderson en Kerr wat vir ons die wedloop moontlik gemaak het. Ook Motagu Fruits wat die pryse vir die wenners geborg het. Baie dankie aan elkeen wat ons in die reën kom ondersteun het.
Die uitslae is as volg:
10km Mans:
Japhta Matsoneng ArcelorMittal AC 30:42
Teboho Rapapadi VUT 30:43
Enoch Gijimani Temp License 31:02
10km Dames:
Paulina Mokoena Nedbank Vaal 42:02
Morakana Tsepetsi Vultures 43:04
Phinah Tsepetsi Rand Water AC 43:39
15km Mans
Jefrey Gwebu KPMG 43:11
Thabiso Bosiu Rockies AC 43:50
Peter Mthubi Temp License 44:40
15km Dames:
Lebo Mofokeng Temp License 56:21
Lindiwe Mthombeni Sasol AC 1:03.03
Madre Marx ArcelorMittal AC 1:0741