NewsNews

Ontvoerde Kaapse vrou naby Parys gekry

Die polisie se distrikskommissaris vir Fezile Dabi, maj-gen. Moses Makubo, het die lede en betrokkenes by die arrestasie geloof vir die skitterende werk om die vrou na veiligheid te bring, en vir die terugvind van die voertuig.

‘n Vrou wat Sondag, 12 Junie by De Aar in die Noord-Kaap ontvoer is, is veilig gekry, en haar gesteelde voertuig teruggevind
Die voertuig is Dinsdag, 14 Junie op die N1 naby die Vaal Plaza-tolhek gevind. Die vrou was in die voertuig, en is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem.
Polisie in De Aar het die inligting oor die ontvoerde vrou en haar gesteelde grys Audi Q2 oor die naweek gesirkuleer.
Lede van die polisie se Fezile Dabi Trio Takspan wat Dinsdag aan diens was, het die voertuig by die tolhek opgemerk en dadelik opgetree. Die 39-jarige man wat die motor bestuur het, is in hegtenis geneem en die voertuig is gekonfiskeer. Hy word van ontvoering en voertuigdiefstal aangekla.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button