News

Ontvoerde studentevlieëniers gevind en bevry, twee in hegtenis geneem

Twee mans is glo in verband met die ontvoering in hegtenis geneem.

Die polisie sê twee Egiptiese studentevlieëniers van ’n vliegskool in Vereeniging wat ’n maand gelede ontvoer is, is die naweek gevind en bevry en twee mense in hegtenis geneem.

Fadi Said Elhadi Mohammed Hamoud (31) en Muwmin Kamel Garber (19) is op 14 Mei by ‘n klub in Primrose, Germiston ontvoer.

Kolonel Athlenda Mathe het in ’n verklaring gesê hul voertuig is langs die R59 gevind en die verdagtes het na bewering op ’n losprys aangedring vir hul vrylating.

News24 berig die polisie se anti-ontvoeringstaakspan het Vrydag (10 Junie 2022) die ontvoerde Egiptenare gevind en bevry.

Hier is die oorspronklike berig op die webwerf van die Herald se susterskoerant Vaalweekblad:

Ontvoerde studentevlieëniers gevind en bevry, twee in hegtenis geneem | Vaalweekblad

 

Related Articles

Back to top button