NewsNews

“Hou koers tot ons weer ontmoet”

Adjunkhoofleier vandag gegroet met dankdiens

“Ons eer vandag sy nagedagtenis. Ons salueer adjunkhoofleier Johan Laubscher as ‘n Voortrekker in murg en been. Hou koers dan tot ons weer ontmoet.”
Só het Willie Engelbrecht, gebiedsleier van die Voortrekkers in die Vrystaat vanoggend geskryf in sy boodskap aan die Voortrekkers net enkele ure voordat daar afskeid geneem sal word van die Voortrekkers se Verkenner-adjunkhoofleier, Johan Laubsher. Hy is op 1 Junie in die ouderdom van 57 jaar  in Otjiwarongo oorlede.

Die dankdiens word om 14:00 vanuit die NG Kerk Randburg gehou. Die diens word ook herlei na die NG Kerk Eros in Windhoek en kan gevolg word op www.facebook.com/ngkerkrandburg/live

Johan se skielike dood het ‘n groot leemte by die Voortrekkers gelaat.
Hy sal onthou word vir sy vriendelike geaardheid en liefde vir die kinders, sê Engelbrecht.
Johan kon altyd lekker gesels en het werklik belang gestel in elkeen se omstandighede en menswees.
“Hy sou altyd persoonlik verjaardagwense gee en het deurentyd belang gestel in Doornkloof en die Vrystaatse mense.”
Johan was ‘n sielsgenoot, ‘n man en pa duisend, broer, vriend, kollega, neef en maat wat in liefdevolle herinnering onthou sal word.
Die Voortrekkers se hoofdagbestuur het vroeër die besluit geneem dat die Voortrekkervlag by alle kampe en aktiwiteite halfmas sal hang tot 18 Julie wanneer dit Johan se verjaardag sou wees.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button