NewsNews

Burgemeester ontmoet nyweraars oor probleme

“Burgemeester De Beer het begrip getoon dat die ondernemings werk verskaf aan meer as vierhonderd mense, en onderneem dat Ngwathe hul probleme onmiddellik sal begin aanspreek,” sê rdl. De Jager.

Ngwathe se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, het Saterdagoggend ‘n vyftiental nyweraars van Parys met ‘n ontbyt onthaal waartydens daar spesifiek geleentheid geskep is vir gesprek oor probleme en frustrasies met munisipale dienslewering in die dorp se nywerheidsgebied, en hoe dit dié nywerhede affekteer. Wenke en oplossings is ook voorgestel.
Die nywerhede wat verteenwoordig was, is geleë in Carl Prellerstraat vanaf Basa Park tot by die nuwe begraafplaas.
Rdl. David Mofokeng, voorsitter van die Raad se Infrastruktuurkomitee, en rdl. Moekoena Rantsaile van Wyk 10, was ook teenwoordig.
Die ontmoeting is op versoek van DA-raadslid Saal de Jager, self ook ‘n sakeman van die dorp, geïnisieer.
Van die probleme wat geopper is, was die herhaalde kragprobleme as gevolg van swak instandhouding, gereelde droë waterkrane sonder waarskuwing vooraf, lang gras op sypaadjies, slaggate, straatligte wat nie werk nie, en onbeheerde rommelbemorsing, onder meer op die perseel van Basa Park.

Van die nyweraars wat Saterdag tydens ‘n ontbytgeleentheid saam met Ngwathe se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, gesprek gevoer het oor munisipale dienslewering in die dorp se nywerheidsgebied. Foto: Verskaf

Tweede van regs is Ngwathe se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, wat geloof is vir haar bereidwilligheid om na nyweraars te luister, en te werk aan oplossing vir tekortkominge met munisipale dienslewering in die nywerheidsgebied van Parys. Foto: Verskaf

“Burgemeester De Beer het begrip getoon dat die ondernemings werk verskaf aan meer as vierhonderd mense, en onderneem dat Ngwathe hul probleme onmiddellik sal begin aanspreek,” sê rdl. De Jager.
Hy sê dit was ‘n vrugbare gesprek en die burgemeester se woorde is met applous begroet Daar was ook groot waardering vir haar simpatieke begrip vir die nyweraars se frustrasies en probleme.

Related Articles

Back to top button