NewsNews

Ag nee regtig! Hoekom mors as jy kan herwin

Vullis word oral op oop terreine en sypaadjes gestort en die ergste is - meeste hiervan kan herwin word.

Só lyk dit gereeld  aan die onderpunt van Hospitaalweg waar inwoners nou huishoudelike vullis en selfs boumateriaal stort. Die ergste is dat die meeste van die rommel wat oral rondlê herwinbaar is, soos wat vanoggend weer gesien is toe daar skoongemaak is in die nywerheidsgebied van Parys. 107 Sakke  vullis wat net tussen 08:30 en 12:30 opgetel is en wat nou sorteer word om te herwin.

Die onwettige stort van vullis op oop terreine is ‘n al groterwordende probleem in en om die dorp. Dit skep nie net ‘n vuil indruk van die dorp nie, maar hou ook ‘n brand- en gesondheidsgevaar in vir mense wat aangrensend tot die terreine woon waar die vullis onwettig gestort word.

Moet asseblief nie jou vullis iemand anders se probleem maak nie!

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button