News

Herstelwonder vir 87-jarige ná woonstelbrand

Die tehuis en die familie  is dankbaar vir 'n gemeenskap se omgee en vir die ongelooflike genade van haar herstel. 

Toe sy wakker word was daar net vuur en rook aan haar linkerkant. Dit is wat die 87-jarige mev. Elizabeth Willemse onthou van die angsnag op 27 Mei toe ‘n brand in haar woonstel by die Najaarsrus Tuiste vir Bejaardes in Parys ontstaan het. Wat die brand veroorsaak het is nog nie seker nie.

Maar die wonder wat sy beleef het sedert daardie nag, is seker. “Jy kan nie anders as om te weet die Here is groot nie.””

Nadat vrywilligers van We Care, die Ngwathe Brandweer, Najaarsrus personeel, Parys Sekuriteit, en paramedici van Parys Medix en FS Emergency Services, hul lewens gewaag het om ten spyte van die verwoestende vlamme wat toe reeds dak hoogte gebrand het, en te midde van die versmorende rook,  haar na veiligheid te bring, is mev. Willemse in ‘n uiters kritieke toestand na die Potchefstroomse MediClinic geneem.

Sedertdien was sy in die intensiewe sorgeenheid aan ‘n ventilator gekoppel weens die skade aan haar longe met die rook wat sy ingeasem het, en moes sy later ook dialise kry.

Maar teen Maandagmiddag 6 Junie, was sy af van die ventilator en die dialisemasjien.

Sy kon met haar seun gesels. Sy leef, sy is besig om te herstel, en vir die wonder  is daar oneindige dankbaarheid na wat byna ‘n tragedie was.

Danksy hulp wat so vinnig op die toneel was, is ook betyds gekeer dat die brand nie van die slaapkamer na die res van die vertrekke en ander woonstelle versprei nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button