NewsNews

Donkey Derby maak harte en hande oop vir nood

Dankie aan elkeen wat die Donkey Derby by Stonehenge ondersteun het, die oop hand van borge en elkeen wat so getrou fondsinsamelingspogings van verdienstelike organisasies ondersteun om ook ‘n verskil vir hulle in nood te help maak.

Vir die eerste keer in twee jaar sedert die Covid-19 pandemie, kon daar weer Donkey Derby gehou word ten bate van Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) en die Najaarsrus Tuiste vir Bejaardes. Die fondsinsamelingsprojek het in die verlede jaarliks ‘n groot bydrae gelewer vir dié twee instansies om baie nodige fondse te kon in.
VVA Parys het in April vanjaar alleen 106 kospakkies aan gesinne in nood voorsien, en 87 kospakkies aan enkellopende volwassenes. Die gesinne vir wie daar voorsien is, het 195 volwassenes en 165 kinders ingesluit. Dit afgesien van die etes wat daagliks ook by die VVA-kantoor gegee word aan hulle in nood wat hier kom aanklop vir hulp.
Maatskaplike nood word by die dag ook in Parys groter, en plaas instansies soos die VVA onder groot druk om te kan voorsien vir hulle wat nie het nie.
Najaarsrus het tans 19 bejaardes wat subsidie ontvang, maar dit saam met hul staatspensioen is nie genoeg om hul kostes te dek nie, en ondersteun personeel van dié tehuis hulle met die fondse wat hulle insamel deur middel van fondsinsamelings.

Related Articles

Back to top button