Photo GalleriesSport

Pajama-pret by verlede week se parkrun: Kom jy saam stap/draf vanoggend

Trek aan jou tekkies en kom stap of draf saam vanoggend (Saterdag 4 Junie)

Kleurvollle kouse, bont pajamas en snoesige warm japonne het gesorg vir ‘n prettige en ongewone gesig by die Egweni River Lodge parkrun waar daar Saterdagoggend vir die weeklikse parkrun weggespring is.
Die onverwagse warm weer Saterdag was beslis ‘n bonus en het verskeie parkrunners van ander parkrun-omgewings soos Pretoria en Potchefstroom, saam met ‘n paar gereelde plaaslike deelnemers weggespring. Deelnemers het die pragtige, lowergroen omgewing teenaan die rivieroewer geniet, al het die pajamas en japonne in die warmer weer vir sommige die sweet laat aftap.

Dankie aan al die vrywilligers wat gehelp het by die parkrun en sonder wie die weeklikse aanbied van ‘n parkrun nie moontlik sal wees nie.
Met Saterdag se parkrun was daar oulike pryse op die spel vir die parkrunners wat die tema vir die dag die beste uitgebeeld het. Die wenners het elkeen ‘n sakkie vir hul selfone ontvang wat spesiaal vir drawwers ontwerp is.
Onthou parkrun is gratis, goeie oefening en boonop bied die Egweni River Lodge parkrun ‘n werklik besonder mooi roete vir deelnemers. Al wat jy moet doen is om te sorg dat jy op ‘n Saterdagoggend om 08:00 by Egweni River Lodge in Van Collerstraat is waar daar weggespring word. Gaan kyk gerus na die Egweni River Lodge parkrun se Facebook-blad vir meer inligting.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button