NewsNews

Kindergebedjies vir klein Marno ná ernstige terugslag

Gebede gevra vir kleuterseuntjie ná glyplank-ongeluk

Bid asseblief vir klein Marno.

Só het vriende en familie gevra ná die 5-jarige Marno Muller, gisteraand, Donderdag 2 Junie, ‘n ernstige terugslag gehad het ná ‘n fratsongeluk verlede week by sy kleuterskool in Brakpan. Marno wou op die glyplank gly  toe die toutjies van sy baadjie se kappie vasgehaak en om sy nek gespan het, soos wat hy gegly het.

Marno het Donderdagaand koors begin kry ná infeksie in een van sy longe, en het sy regterlongetjie Vrydag  platgeval. Hy is sedert die ongeluk  in ‘n medies geïnduseerde koma in die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg, en kom die terugslag as ‘n groot skok nadat dit vroeër die week gelyk het asof daar beweging van sy hande en voete was.

Vanoggend het personeel en kleutertjies van die Reënboog Dagsorg- en Tutor-sentrum in Parys saam gebid vir klein Marno.

Van die kleutertjies van die Reënboog Dagsorg- en Tutorsentrum in Parys wat vanoggend in groepies saam vir Marno gebid het.

Die kleutertjies het vroeër vandeesweek al uitgereik na Marno en sy gesin met hul “‘Hartjie vir ‘n maatjie”-projek toe hul gehelp strikkies verkoop het om fondse in te samel vir Marno se behandeling. Sy ouers het net ‘n hospitaalplan en is minstens R350 000 nodig vir sy behandeling.

Die strikkies is teen R5 verkoop en is sowat R3 000 reeds deur hierdie kleutertjies ingesamel wat direk in die gesin se rekening inbetaal sal word om te help met die koste van Marno se behandeling. Kleuterskole regoor die land van sover as Knysna, Pretoria, Kemptonpark, Oos-Londen en Prieska, wat deur die Gazette te hore gekom het van die Parys-kleutertjies se uitreik, het ook reeds aangedui dat hulle wil help met die strikkie-projek.

Naas die strikkies wat verkoop is het die kleuters ook prentjies geteken vir Marno en sal dit saam met ‘n teddiebeer vir sy ouers gestuur word.

Van die prentjies wat deur die Parys-kleutertjies vir Marno geteken is. 

Daar is nog strikkies beskikbaar om te koop en kan mense wat belangstel vir Mari-hette Jonker skakel by 084 418 6301.

Die organisasie Hemelse Pêrels, ‘n organisasie sonder winsbejag, het ook sedert die ongeluk begin geld insamel vir Marno se behandeling..

Marno se tannie, Nadia Minnie, kan ook geskakel word by 078 249 1971 as jy op enige wyse die gesin wil ondersteun.

D

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button