NewsNews

Vier nog soek ná voertuigkaping

Polisie vra publiek se hulp

Die polisie soek steeds na die 4 verdagtes wat vanoggend, Vrydag 3 Junie,  minute voor 07:00 ‘n 50-jarige man in Sasolburg gekaap het.

Die man se vrou en kind was saam met hom in die motor en het hulle by ‘n kiosk gestop om iets te koop, sê kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder vir die Fezile Dabi-distrik.

Nadat die man uit die voertuig geklim het, het vier Zoelo-sprekende mans hom genader en ‘n vuurwapen op hom gerig.

Hy is met die vuurwapen geslaan en deur die verdagtes in sy motor se kattebak ingedwing.

Sy vrou het egter by die kapers gepleit om hom te laat gaan, en het die mans toe die gesin gelos en met die voertuig weggery .

Enigeen wat moontlik die wit X5 BMW met registrasienommer HTB 145 FS sou sien, is deur die polisie gevra om knst. Kgaugelo Muvhongo te skakel by 076 791 5740 of die MySAPS selfoontoepassing te gebruik vir anonieme inligting.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button