News

Parys VLU ondersteun ‘Woman walk the world’ inisiatief

Vir meer inligting oor die VLU-byeenkomste skakel gerus vir Annatjie Dreyer by 082 464 0204 of Bernadet van der Ende by 082 474 0304.

Lede van die Vroue Landbou Unie (VLU) in Parys het onlangs ook hul deel gedoen vir die “Woman walk the world” inisiatief wat gewoonlik in April gehou word.
Vroue regoor die wêreld neem jaarliks deel aan dié inisiatief om só ‘n hand van vriendskap en hulp uit te steek na ander vroue om op hierdie manier ‘n verskil in hul lewens te maak.
Om te kon deelneem is die bedrag van R20 gevra wat min of meer die prys van ‘n brood is, sodat vroue in landelike gebiede gehelp kan word om kos vir hul families op die tafel te sit. Die fondse wat ingesamel word met die inisiatief, word “Pennies for Friendship” genoem.

Die vroue van die Parys VLU het die “Woman walk the world” inisiatief ondersteun toe die koue trotseer is om aan die weeklikse Saterdagoggend Egweni River Lodge parkrun deel te neem.
Die VLU vroue ondersteun jaarliks die projek, en is dit terselfdertyd ‘n geleentheid om die VLU as organisasie aan die publiek bekend te stel.
Gaan lees gerus meer oor die projek op die ACWW (Association Country Woman of the World) webtuiste, of kom loer in by die volgende VLU-byeenkoms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button