NewsNews

Harde werk en toewyding beloon vir dié oudleerder

Sy lojaliteit, kundigheid en toewyding in die industrie staan uit, en kan Parys met reg trots wees op dié oudleerder wat gestalte gee aan die woorde van Benjamin Franklin: “Sonder voortdurende groei en vooruitgang het woorde soos verbetering, prestasie en sukses geen betekenis.”

Oud-Parysenaar Friedrich Schwim, het homself die afgelope tien jaar met uitnemendheid in die ingenieursbedryf onderskei.
Friedrich het in 2012 sy B.Eng-graad aan die Noordwes-Universiteit behaal en is sedert 2013 in diens van Steinmüller Africa.
Hoewel hy in sy beginjare as ingenieur blootstelling in verskeie velde van die vervaardigingswese gekry het, was dit sweiswerk en metallurgie wat uiteindelik sy belangstelling sou prikkel. Dit was dan ook sy dryfveer om in 2015 sy B.Eng Honnoursgraad as sweisingenieur aan die Universiteit van Pretoria in samewerking met die South African Institute of Welding (SAIW) te behaal.
Opoffering en harde werk van dié oudleerder van Hoërskool Parys het vrugte afgewerp, en kon hy nadat hy sy sweisingenieurssertifikaat ontvang het, as Geoktrooieerde Ingenieur registreer deur die UK Engineering Council in 2019, en as Professionele Ingenieur deur die Ingenieursraad van Suid-Afrika in 2020.

Oud-Parysenaar Friedrich Schwim, het homself die afgelope tien jaar met uitnemendheid in die ingenieursbedryf onderskei.

Sy B.Eng Honneursgraad in Metallurgie wat hy in 2020 aan die Universiteit van Pretoria verwerf het, het die kroon gespan op jare se toewyding, sy passie vir die ingenieurswese, en konstante dryfkrag om homself in sy spesialisveld te onderskei.

Related Articles

Back to top button