NewsNews

Drie kinders sterf in botsing op R34

Ons innige medelye met die families van die oorledenes

Drie kinders is vanoggend, Woensdag 1 Junie, dood ná ‘n minibus taxibestuurder na bewering beheer oor die minibus verloor het op die R34 sowat 7km buite Bloemhof.

Na wat verneem is was die minibustaxi onderweg van Hoopstad na Bloemhof waar die kinders skoolgaan.

Die R34 was al verskeie kere vanjaar in die nuus oor die swak toestand van die pad met sy vele slaggate. Die Vrystaatse premier, Sisi Ntombela, het juis Dinsdag, net ‘n dag voor die ongeluk, die pad besoek  en gesê dat 25 mense reeds vanjaar op die pad gesterf het.

Met die soveelste sluiting van die berugte R30 in April vanjaar, is motoriste wat tussen Welkom en Kroonstad beweeg onder meer aangeraai om die R34 as alternatiewe roete te gebruik.

Motoriste, maar veral ook boere het die afgelope maand hul frustrasie uitgespreek met die haglikse toestand van paaie in die Vrystaat waarvan baie onbegaan is weens swak instandhouding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button