News

Man wat doodgery is se familie steeds soek

Die gemeenskap se hulp gevra om familie op te spoor

 

Speurders van Viljoensdrift het nou die publiek se hulp gevra om die familie van ‘n onbekende man op te spoor wat vroeër p die R82 naby die Vaal Krieketklub, Viljoensdrift, raakgery en noodlottig beseer is.

Die ongeluk was op Maandag 28 Maart om ongeveer 19:15. Volgens sers Josephine Rani, polisiewoordvoerder vir die Fezile Dabi-distrik, het  ‘n motoris op die botsingstoneel aan die polisie gesê dat die onbekende man skiellik  uit die lang gras te langs die pad te voorskyn gekom het en reg voor die voertuig ingeloop het. Die motoris was van Vereeniging na Sasolburg onderweg.

Die 18-Jarige man wat raakgery is, se liggaam is in die lang gras langs die pad gekry.

Hy het ‘n wit langmou hemp en blou denim gedra maar het geen skoene aangehad nie.

Mense wat moontlik inligting sou hê wat kan help om die man se familie op te spoor, kan speur-konst Stephen Litseo skakel by 067 004 9783.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button