NewsNews

Groot hartseer oor Verkenner Adjunkhoofleier se dood

Ons innige meegevoel met sy vrou, kinders, familie en vriende

Johan Laubscher, adjunkhoofleier vir die Verkenners, se skielike dood laat ‘n groot leemte vir die Voortrekkers.
Die gebiedsdagbestuur van die Vrystaatse Verkennerkommando’s het vanoggend by monde van Willie Engelbrecht,  gebiedsleier van die Voortrekkers in die Vrystaat, hul innige medelye betoon aan die gesin en familie van Johan Laubscher.
Foto: Facebook. 
Sy skielike dood laat ‘n groot leemte vir die Voortrekkers. Johan was adjunkhoofleier vir die Verkenners.
Hy sal onthou word vir sy vriendelike geaardheid en liefde vir die kinders, sĂȘ Engelbrecht.
Johan kon altyd lekker gesels en het werklik belang gestel in elkeen se omstandighede en menswees.
“Hy sou altyd persoonlik verjaardagwense gee en het deurentyd belang gestel in Doornkloof en die Vrystaatse mense.
Die Voortrekkers eer sy nagedagtenis en salueer hom as Voortrekkerleier, het Engelbrecht gesĂȘ.
.

Related Articles

Back to top button