NewsNews

En hier’s dit nou – soveel gaan jy nou betaal vir petrol en diesel

Verbruikers gaan die gordel nog stywer moet trek want saam met die stygende brandstofpryse kan jy seker wees dat dit ook ander pryse sal beinvloed.

Die finale brandstofpryse vir Junie is pas bekendgemaak.

Motoriste sal vanaf middernag vandag R2,43 per liter meer betaal vir petrol, en diesel word tot R1,10 per liter duurder.

Dit beteken dat jy in die binneland vir 95-oktaan petrol nou R24,17 per liter sal moet opdok en by die kus R23,52 per liter.

Die enigste ligpunt in hierdie ysige koue is dat gas – glo dit of nie – darem 51c per kilogram goedkoper sal wees.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button