Die items is geskenk aan Janine se Sopkombuis in Vredefort waar behoeftiges daagliks aanklop vir ‘n warm maaltyd. Die mammas bring die kinders saam en sal daar vir almal, groot en klein, iets warm wees om aan trek, of onder te slaap.
Hierbenewens is komberse ook uitgedeel by die Hartshuis in Vredefort, terwyl truie en komberse ook by Emunah Foundation afgegee is.
Al drie die instansies word deur private persone bedryf en is afhanklik van die publiek vir donasies. Janine se Sopkombuis verwelkom kruideniers, groente en ander sopbestanddele, terwyl die Hartshuis kos, klere en materiaal wat in stroke geskeur kan word om matte te weef, verwelkom. Die matte word weer verkoop vir ‘n inkomste. Jy kan Emunah help met enige bababenodigdhede, doeke, speelgoed en kinderklere.