NewsNews

“Ons gaan jou so verskriklik mis”

"Jy was ons alles, ons 'legend'''

Woorde kan kwalik die verslaentheid, skok en onbeskryflike hartseer verwoord ná die dood van Kobus van der Watt (45) Woensdagoggend in ’n tragiese vliegongeluk net buite Parys.
Sy vliegtuig het langs die Vaal Eden-pad neergestort oomblikke nadat hy vanaf die Parys-vliegveld opgestyg het. Hy op die toneel oorlede.
Kobus het ’n passie gehad vir vlieg en was ’n ervare vlieënier.
Huldeblyke wat ná sy dood op Facebook geplaas is, getuig van die besonderse mens wat Kobus was – nie net vir sy gesin nie, maar ook vir sy familie, en as troue vriend en sakeman.
’n Grapjas, maar ook iemand wat seker was van wat hy in die lewe wou hê.
Vir Marna was hy die liefde van haar lewe. “My held. My beste maatjie. My steunpilaar. My rots. Jy het my altyd so veilig laat voel. Ek weet nie hoe ons dit sonder jou gaan doen nie. Maar ons sal ok wees. Tot die einde jou passie uitgeleef,”
Van Kobus was daar maar een. Sy plek veels té vroeg leeg.

Kobus, saam met Marna en die kinders wat sy alles vir hom was. Foto: Verskaf

Kobus sal in liefdevolle herinnering onthou word deur Marna en sy kinders, Nirene, SW en Wilmé, sy ouers, pa Williams en ma Wilma van der Watt, pa Giel Rosouw en ma Irene, sy sussie Anneke Rossouw, en swaers Gerrie en Philip Rossouw, en familie.
Dankie aan die gemeenskap van Parys, sy naaste vriende en familie wat sedert Woensdag op soveel wyses vir Marna en die kinders ondersteun het met soveel liefde en deernis. Dit word opreg waardeer.
Kobus en sy gesin is die afgelope 15 jaar in Parys gevestig.

 

Related Articles

Back to top button