News

Lotto-geld lê en wag en die eienaar van die gelukkie is soek

En daar bly net dae oor voor die wenner die miljoene sal verloor

 

‘n Hele R20,6 miljoen lê en wag vir een gelukkige Lotto-kaartjie wenner, maar die wenner het steeds nie die prysgeld kom opeis nie, en die ergste is dat dié gelukkige wenner sy meevalllertjie kan kwyt wees teen die einde van dié week.

Die wenkaartjie is op 29 Mei 2021 in Carletonville gekoop  en sal eerskomende Sondag verval.

Ergste is dat die wenner ‘n skamele R40 by die winkel spandeer het en daarmee die R20 569,105 gewen het.

As jy R50 000 of meer wen, moet jy dit by ‘n streekkantoor van Ithuba gaan eis.

Alle loterykaartjies verval na ‘n jaar, en as  die geld dan nie opge-eis word binne die tydperk nie, gaan ‘n klein deel van die prysgeld terug in die poel van wengeld, terwyl die meeste van die prysgeld in die Nasionale Loteryverspreidingstrustfonds ingaan wat welsynsorganisasies ondersteun.

Hoe maak jy as jy ‘n wenner is?

As die wenbedrag klein is, kry jy jou prysgeld by enige winkel waar jy die kaartjie gekoop het, maar as die prysgeld R2 000  tot R49 999 is moet jy poskantoor toe gaan.

Vir prysgeld van R50 000 of meer moet jy dit by die Ithuba streekkantoor  gaan eis waar jy ‘n eisvorm moet invul en sal jy behalwe vir daardie gelukkige kaartjie, ook bewys van jou identiteit, en bankstaat van die afgelope kalendermaand moet wys.

As jy jou kaartjie op ‘n bank toepassing gekoop het, sal prysgeld van minder as R50 000 outomaties in jou bankrekening inbetaal word, maar vir prysgeld  R50 000 en meer, sal jy na die Ithuba streekkantoor moet gaan.

 

 

Related Articles

Back to top button