NewsNews

Sabotasie by kragstasies kommerwekkend

Niemand nog gearresteer nie

 

Eskom het nog nie bewyse wat enige individue of groep kan verbind met die jongste vlaag van sabotasie by van sy kragstasies nie, het Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, gesê.

Vrydag is bekendgemaak dat kabels by die Hendrina-kragstasie gesteel is, net nadat daar die vorige naweek ‘n kragkabel na die verhittingstelsel, by die Tutuka-kragstasie deurgesaag is.

Mantshantsha het gesê Eskom wag nog op terugvoer van die polisie oor enige arrestasies van verdagtes en vordering met die ondersoeke, en het gesê dat die kragreus sy volle samewerking gee met ondersoeke wanneer dit by die polisie aangemeld word.

Netwerk24 berig dat die jongste sabotasievoorvalle plaasgevind het te midde van loononderhandelings met Numsa wat ‘n 15% loonverhoging van Eskom eis.

Eskom het Sondagaand  aangekondig dat fase 2 beurtkrag dwarsdeur die week tussen 17:00 en 22:00 daagliks toegepas sal word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button