NewsNews

Kleurvolle leeservaring vir boekwurms by dié skoolbiblioteek

As jy netjiese kinderleesboeke het wat jy nie meer gebruik nie en graag vir die skool wil skenk, kontak gerus vir Janine Wessels by 082 087 1649 via WhatsApp, of gee die boeke af by die skoolkantoor.

Die skoolhoof van Parys Primêre skool, mnr. Shaun Strydom, geniet ’n stil oomblik in die nuwe skoolbiblioteek. Foto: Verskaf

Parys Primêre skool spog deesdae met ‘n volwaardige en kleurvolle skoolbiblioteek vir sy leerders. Dit danksy ‘n projek wat deur die skool se ouerkomitee aangepak is.
‘n Prag muurskildery deur die talentvolle kunstenaar Karin Ter’Blanche, nooi jou binne en laat die kleurvolle leeshoekie jou dadelik welkom voel. Die rakke is geverf, matte en dakwaaiers ingesit en bied die biblioteek naas ‘n verskeidenheid van Afrikaanse en Engelse boeke, ook rekenaarfasiliteit vir navorsing vir leerders se skooltake.
Daar is einde 2021 met die projek begin en kon leerders verlede week gaan inloer om die biblioteekrakke te verken. Leerders van graad 1-7 kan boeke uitneem op Maandae en Woensdae tussen 13:30 en 14:30.

Die opknapping van die skoolbiblioteek is deur Parys Primêre skool se ouerkomitee met groot sukses aangepak. Op die foto is die ouerkomitee-lede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button