NewsNews

Werknemers trap nou fiets om stygende petrolpryse te vermy

Met die prys van brandstof wat die hoogtes inskiet het werknemers by Jonker Sailplanes die inisiatief geneem om ‘n alternatiewe vervoeroplossing te vind.

Potchefstroom – Met die prys van brandstof wat die hoogtes inskiet het werknemers by Jonker Sailplanes die inisiatief geneem om ‘n alternatiewe vervoeroplossing te vind.

58 werknemers het besluit om in reaksie op stygende brandstofpryse vir hulle werkgewer, Jonker Sailplanes, te vra om met die aankoop van fietse vir daaglikse vervoer te help.

Werknemers van Jonker Sailplanes juig oor hulle nuwe fietse. Foto: Verskaf.

Jonker Sailplanes het toe ingestem en werknemers kon hulle fietse self kies. Die groot dag het op Vrydag, 13 Mei aangebreek toe hulle met hul nuwe fietse verras is. Dit was moeilik om die glimlagte van hulle gesigte af te haal.

Werknemers betaal dan oor ‘n tydperk deur middel van ‘n transportskema af aan hulle fietse, wat die werk aangekoop het. Met hierdie inisiatief werk dit dan baie goedkoper as publieke vervoer uit.

Op hierdie manier is die werknemers se finansiële las ligter, hulle kry goeie oefening in en het ‘n nuwe fiets wat hulle kan oppas en gebruik om gemakliker van punt A na B te kan reis.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button