

Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur se beplande 120m hoë vlagmonument wat teen ‘n skandalige R22,5 miljoen opgerig sou word op die Vryheidspark-erfenisterrein in Pretoria, is vir eers van die baan
President Cyril Ramaphosa het vandag, Vrydag 20 Mei aan sakeleiers in Carolina gesê dat die kabinet die projek goedgekeur het sonder om na die koste te kyk. Na heftige publieke reaksie , het die regering geluister na die besware oor die koste van die projek, en dat dit nie nou wys is om ‘n projek wat soveel kos, aan te pak nie, het president Ramaphosa gesê


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



