NewsNews

Ingrid Jonker: L’art Poétique-digkompetisie wenners aangekondig

Die 2022-inskrywings open in Junie. 

Die wenners van die gesogte Ingrid Jonker: L’art Poétique-digkompetisie is Vrydag (13 Mei) in Kaapstad bekendgemaak.

Dié kompetisie is vir die eerste keer in 2019 toegeken en na Ingrid Jonker vernoem vir haar bydrae tot letterkunde asook haar veg vir menseregte.

Oud-inwoner van Parys, Zalman S. Davis, het dié kompetisie in 2019 begin  met die hoop om digters ‘n platform vir hulle werk te gee. Davis is ‘n bekroonde uitgewer.

Die wenner van die 2021-kompetisie is Marius Coetzee met sy gedig “Tyd”. Die bekende misdaadskrywer, Christelle van Rooyen-Wessels,  en Deniel Barry, vrou van Frazer Barry, het onderskeidelik tweede en derde plek verwerf.

Deelnemers wat die kortlys behaal het, is soos volg (in geen spesifieke volgorde):

Carla Botha

Willem de Swyger

Steven Bresler

Floris Van Zyl

Marieta McGrath

Christo Meyer

Corné Kloppers

Santjie Aucamp

Tilla Diedericks

Faeez Samuels

Peter Louw

Elna Kruger

Deserisé Cocklin-Viljoen

Helena Mellet

Dié wenners en deelnemers se werk word eersdaags in die kompetisiebundel opgeneem.

*Die deelnemers ontvang deelnemersertifikate, en die wenner ‘n kontantprys, publikasiekontrak vir eie digbundel, trofee en boekprys. Die tweede en derde plek ontvang onderskeidelik ‘n kontantprys en sertifikaat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button