News

Só klink Hoërskool Parys se skoollied

Só klink Hoërskool Parys se skoollied

Met Hoërskool Parys wat ‘n parallelmedium skool is, het personeel lank reeds die behoefte gevoel om die skoollied ook meer toeganklik vir Engelse leerders van die skool te maak.
Met geen saalbyeenkomste wat die afgelope twee jaar gehou kon word weens die beperkings wat Covid-19 regulasies ook hierop geplaas het, was daar ‘n groot groep leerders wat nie die skoollied geken het nie, en baie wat die skoollied byna vergeet het.
Gevolglik was dit nou die ideale tyd om die bestaande skoollied slegs gedeeltelik in Engels te vertaal. Die vertaling is deur Marli Kruger gedoen. Marli verduidelik dat aangesien dit nie altyd moontlik was om die korrekte vertaling te laat ‘werk’ met die ritme en melodiese lyn van die oorspronklike skoollied nie, moes daar noodgedwonge digterlike vryheid gebruik word en die Engelse teks aangepas word.
Die ‘nuwe’ verwerkte skoollied is tydens die eerste saalbyeenkoms (wat slegs deur die seniors bygewoon is), bekendgestel en geleer en is dit baie positief deur beide die personeel en leerders ontvang.

Hier is die woorde van die nuwe skoollied:
Vir ons rys steeds so wonderskoon
Langs Vaalrivier se skitterprag
Ons Alma Mater wat daar troon
As toonbeeld van ons skeppingskrag
We honour you as source of light
That brings the future within sight
The knowledge that we gain from you
Will give to everyone his due
Kom sing dan saam
Uit volle bors
Die leuse wat ons voor oë moet hou
Let’s build our name
In class and game
Leave a legacy our foes to shame.
In ons spel en ons werk
Sal Suum Cuique ons sterk.
Strength and courage and pride,
with Suum Cuique as guide.

 

 

Related Articles

Back to top button