NewsNews

Tooi Turkoois om wys só jou omgee vir bejaardes

Nog ‘n idee is om ‘n geskenkpakkie op te maak en daarin items soos koekies, lekkers en toiletware te plaas en dit dan by ‘n tehuis vir bejaardes af te lewer. So kan jy ook vir ‘n bejaarde jou omgee wys.

Tooi Turkoois is ‘n landwye veldtog vir die bewusmaking van bejaardesorg. Vanjaar word elke tehuis, apteek, restaurant, gastehuis, hardewarewinkel, of watter besigheid of instansie jy ookal by betrokke is, uitgedaag om die veldtog te ondersteun. Tooi jou winkel, restaurant, huis, kantoor of gastehuis met turkoois lappe of strikke vanaf 15 Mei tot 16 Junie.
Jy kan ook ‘n strikkie of armbandjie by AMOT (Tweedelaan 15, Parys), koop om jou ondersteuning te wys.

 

Vir navrae skakel Theresa by 078 070 5200 of Amot by (056) 811 2185.

 

Related Articles

Back to top button