NewsNews

Die trekvoëls is weg

Ek maak die afleiding dat die troupant eerder die pad se roete geneem het wat dan baie interessant is. Miskien omdat die padroete heelpad telefoondrade of kragdrade het waarop hy kan rus en kos soek soos wat hul gewoonte is? Dit is ook opmerklik dat hy min of meer dieselfde roete gevolg het tot so by die Kongo en daar met sy terugvlug aan die weste kant van Afrika terug is.

Ek sou glo dat die meeste trekvoëls wat-van die noorde en ooste ons kom besoek het, reeds weer op pad terug is na hul somerstreke.

Ek lees onlangs van ’n Europese Troupant wat met ’n opsporingsapparaat op sy rug gemonitor is, en die data wat met sy terugkeer (2018 tot 2019) in Italië afgelaai is, toon dat hy ongeveer (2x 7 182) 14 364 km afgelê het! Sy roete het hom na Namibië geneem (ca 10 842 km) en vandaar is hy weer terug Italië toe. Die skets hieronder toon sy heen-en-weer roete aan. Die regterkantste roete was vanaf Italië na Namibië en die linkerkantste roete is sy terugkeerroete.

 

 

Let daarop dat hierdie troupant twee keer oor die gevaarlike, barre Saharawoestyn moes vlieg om vir ons te kom kuier! Die rooi kolletjies dui aan dat hy sy vlug-spoed om oor die woestyn te vlieg verhoog het na ongeveer 110 km/uur (die wit kolletjies is laer as 50 km/uur). Hy het 14 ure ononderbroke oor die woestyn gevlieg op ’n hoogte van 4000m. Sy tog vanaf Italië na Namibië het 2½ maande geneem en met sy terugkeer slegs 2 maande. Sy vlug is in die nag uitgevoer, wat te verstane is.

Tydens die migrasievlug is lesings elke 2 ure geneem om sy roete te monitor. Die GPS data kon met afstandsbeheer via ’n radioskakel waargeneem word.

Die twee landkaarte hieronder toon twee afstande aan vanaf Rome, Italië na Windhoek, Namibië en terug. Die afstand vanaf Italië soos wat die kraai vlieg (rooi lyn) na Namibië is 7 292km en die afstand pad-langs is 10 842 km. Met die terugvlug vanaf Namibië na Italië, soos wat die kraai vlieg (rooi lyn) is die afstand 7 182 km en die afstand padlangs (blou lyn) is 10 205 km.

Die roete padlangs (blou lyne) op hierdie twee kaarte kom ooreen met die twee heen-en-weer vlugte vanaf Italië na Namibië en terug Italië toe (eintlik na die Lazio area, sentraal Italië waar die navorsers hierdie en sewe ander Europese Troupante met opsporingsapparaat toegerus het) soos op die kaart van die werklike roete wat die navorsers gemonitor het.

 

Ek maak die afleiding dat die troupant eerder die pad se roete geneem het wat dan baie interessant is. Miskien omdat die padroete heelpad telefoondrade of kragdrade het waarop hy kan rus en kos soek soos wat hul gewoonte is? Dit is ook opmerklik dat hy min of meer dieselfde roete gevolg het tot so by die Kongo en daar met sy terugvlug aan die weste kant van Afrika terug is.

Bron: Billy Attard, Kubervlerke – April 2022 –

Vonkpos: josephattard17@gmail.com.

Related Articles

Back to top button