News

“Ons is baie jammer” – Stoptekenmanewales het ‘n goeie einde in Bailliepark

“Die outjies is baie jammer en deel van die jammer sê ,was om dit te kom plant. Hulle het bietjie geskrik en het besluit om die stopteken terug te sit."

 

Op Woensdagaand, 4 Mei het die twee jong mans die stopteken gesteel, maar is op heterdaad betrap toe die CCTV-kamera hulle aksies vasgevang het. Die Bailliepark Gemeenskapsprojek (BPGP) het hierdie kameras opgerig.

Die BPGP het toe gesamentlik besluit om nie ‘n kriminele saak oop te maak nie, maar eerder die jong mans op ‘n konstruktiewe manier te laat verstaan dat hulle aksies gevolge het.

Die skuldiges het toe vir hulle aksies opgemaak om weer self die stopteken te herstel. Munisipale werkers het bygestaan om seker te maak dat die stopteken mooi stewig ingeplant word.

‘n Skermgreep wat wys hoe die twee jong mans weer die stopteken vanoggend terugplant wat hulle verlede week gesteel het.

Volgens Johann Venter, voorsitter van die BPGP is daar nou ‘n goeie einde aan die storie aangesien die skade weer herstel is.

“Die outjies is baie jammer en deel van die jammer sê ,was om dit te kom plant. Hulle het bietjie geskrik en het besluit om die stopteken terug te sit. Hulle het reggestel wat hulle verkeerd gedoen het,” noem Venter.

https://potchefstroomherald.co.za/107116/ons-is-baie-jammer-stoptekenmanewales-het-n-goeie-einde-in-bailliepark/

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button