NewsNews

Pa steeds soek

Dogter vra hulp om pa op te spoor

Daar word steeds gesoek na die 67-jarige Hans Erasmus wat Dinsdagoggend  die laaste keer in Potchefstroom gesien is waar hy woonagtig is. Hy het geen aanduiding gegee van sy planne of waarheen hy op pad is nie.

9

Aanvanklik is vermoed dat hy in die rigting van Parys beweeg het, maar het mense Woensdagaand gesê dat hy in Viljoenskroon gesien is.

Hy is te voet uit Potchefstroom en het nie ‘n selfoon by hom nie. Vermoedelik het hy ‘n saamry geleentheid gekry.

Hy kan  nie praat nie omdat hy sy stembande verloor het as gevolg van keelkanker.

Sy dogter is baie bekommerd oor hom. As jy enige inligting het wat kan help om hom op te spoor, skakel asseblief sy dogter, Hendrien by 074 331 9085.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button