NewsNews

Só lyk April se mooiste sypaadjie-tuin wenner

Alle inskrywings vir April met die uitsondering van die April-weninskrywing, dring outomaties deur na die Mei-kompetisie wat op 25 Mei sluit

 

Wanneer jy voor die huis van Anne-Marie Roux in Boomstraat 8 staan, tref die eenvoud van die sypaadjie-tuin jou dadelik, maar dit is juis hierdie eenvoud wat spreek tot jou.
‘n Kunswerk in eie reg, soos die drie vrouebeelde teen haar balkonmuur wat ook haar handewerk is.
Anne-Marie is die welverdiende trofeewenner vir April se Mooiste Sypaadjie-tuin in Parys. Die wentrofee is Maandag aan haar oorhandig deur die Ngwathe uitvoerende burgemeester, Victoria de Beer.

Van links is Manthole Sefaku (lid van die burgemeesterkomitee verantwoordelik vir gemeenskapsdiens en maatskaplike ontwikkeling), Samuel Matitoane (tuinier), Anne-Marie Roux (April-wenner), Sanette Henderson (Petit Jardin) en Ngwathe se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer.
Só lyk Parys se April sypaadjie-wenner

Maar Anne-Marie skroom nie om te sê dat die sypaadjie-tuin nie net haar handewerk is nie, maar ook dié van haar tien jaar lange tuinhulp, Samuel. “Ek ‘instigate’ en hy doen. Hy is ‘n voorslag,” spog sy.
Anne-Marie het die huis wat dateer uit 1918, ongeveer 16 jaar gelede gekoop. Toe was daar letterlik niks in die tuin nie, gesels sy. As kunstenaar wat beeldhouwerk as ‘n stokperdjie doen, het sy die potensiaal raakgesien en haar kreatiewe denke vrye teuels gegee.
Soos haar liefde om iets uit klei te vorm, so is tuinmaak ook vir haar. Sy hou daarvan om met nuwe idees te eksperimenteer en interessante hoeke in haar tuin te skep. Sy kyk ook graag na ander tuine vir inspirasie vir daardie iets ‘anders’ in ‘n tuin.
Vir Anne-Marie is haar boorgat ‘n groot bederf met haar tuin wat winter en somer groen is. Voeg daarby die waarde van bemesting en die baie bome in haar agtertuin wat haar plante in die wintermaande teen die ryp help beskerm, en dan verstaan jy waarom sy soveel genot uit haar tuin put – ‘n ware lushof.
“Dit is die lekkerste lekker om die groei in my tuin dop te hou,” sê sy.
Wanneer jy in haar tuin stap sal jy verras wees oor die fyn hand van ‘n kunstenaar wat oral te sien is. Soos die ‘daybed’ wat sy geskep het en wat soos ‘n swaai aan ‘n boom hang. Hier kan daar sommer vir ure ontspan word en die natuur se mooi ingeasem word.
Dankie aan elke trotse tuinier wat ingeskryf het vir die April-kompetisie. Julle maak ons dorp mooi!
Onthou dat jy nou reeds kan inskryf vir Mei se kompetisie vir die Mooiste Sypaadjie-tuin in Parys.
Gou spring met jou inskrywing – fantastiese pryse kan gewen word.
Die kompetisie sluit 25 Mei.
Alle inskrywings vir April met die uitsondering van die April-weninskrywing, dring outomaties deur na die Mei-kompetisie.
Om in te skryf vir die kompetisie vir die “Mooiste sypaadjie-tuin in Parys” is maklik:
* Enige iemand kan deelneem.
* Inskrywings is oop vir die hele Parys, of jy in ‘n luukse woning bly, of in ‘n sinkplaat huis…hierdie gaan net oor die mooiste sypaadjie!
* Jy mag ook ‘n sypaadjie of munisipale area wat ‘n inwoner self mooi maak nomineer!
Al wat jy hoef te doen is om ‘n mooi, duidelike foto van jou sypaadjie/munisipale area wat jy self onderhou, te WhatsApp met jou naam, van en straatadres na 083 258 3586.
Slegs foto’s met dié inligting sal aanvaar word.
Die wenner sal elke maand op die laaste Vrydag van die maand aangekondig word, en die trofee-oorhandiging sal deur die burgemeester vir Ngwathe, saam met Sanette van Petit Jardin, gedoen word sodra die wenner bekend is.
Nie net ontvang jy ‘n wisseltrofee nie – daar sal elke maand fantastiese geskenke saam met die trofee aan die wenner oorhandig word danksy ongelooflike borge se ondersteuning.
Wat kan jy wen?
🌟 Een nag se verblyf by River Rock Lodge
🌟 ‘n Wildrit deur Savannah Africa
🌟 Spa geskenkbewys van Stepping Stones Spa
🌟 ‘n Pragtige plant van Misty’s Garden Select
🌟 ‘n Geskenk van WITH HEART Creations .
🌟 Geskenkbewys vir ‘n heerlike ete deru Mac’s Deli.
En, natuurlik die wisseltrofee
Borge wat wil bydra tot die kompetisie met pryse of geskenkbewyse, veral ook vir die tuiniers wat help om hierdie pragtige sypaadjies in stand te hou, kan vir Sanette by 083 258 3586 skakel.
Gaan kyk gerus op Parys Gazette se webtuiste by www.parysgazette.co.za na die spog inskrywings wat reeds vir Mei ontvang is.
Dui gerus ook in jou kommentaar op die berig op Parys Gazette se Facebook-blad aan watter sypaadjie-inskrywing jou gunsteling is.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button