
Dit is die einde van lang toue begunstigdes vir die R350 Covid-19 toelae voor poskantoordeure.
Die poskantoor gaan voortaan nie meer hierdie spesiale toelae wat weens die Covid-19 pandemie ingestel is vir mense sonder enige ander toelae of inkomste, by poskantoor-takke uitbetaal nie,, en is begunstigdes wat die toelae ontvang, aangemoedig om dit by enige Pick ‘n Pay, Boxer, Shoprite, Checkers of USave winkel te kry. Volgens die poskantoor is die besluit om begunstigdes moeite en tyd te spaar deur die uitbetalings eerder te skuif na betaalpunte waar mense die toelaes gebruik.
Begunstigdes van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid wat ouderdoms-, kindertoelae of ongeskiktheidstoelae ontvang, sal egter steeds die spesiale R350 toelae by die poskantoor kan kry.



