NewsNews

Promosie: Kom loof en aanbid saam by Woord & Gees

Woord & Gees Lofprysing en aanbidding konferensie dié naweek in Parys

Die organiseerders van die Woord & Gees Lofprysing en aanbidding konferensie nooi die hele gemeenskap van Parys en omgewing om die naweek van 13-15 Mei by die AfriDome saam te kom geniet.
Die naweek word gefasiliteer deur:
Ernie Amos wie vir baie reeds ‘n bekende in Parys is. Hy is vir 25 jaar in die bediening en bedien profeties en lei aanbidding. Hy bedien vanuit ‘n wete dat “hy ‘n absolute beminde van God is vanweë dit wat Jesus vir hom gedoen het.”
Isak Deetlefts is betrokke by musiek en aanbidding vanaf 1989. Hy kon met sy bekering 30 jaar gelede nie kitaarspeel of sing nie, maar omdat hy net die Here wou aanbid, het hy geleer. Hy sê: “Dertig jaar later is daar nog steeds niks so wonderlik as om net by Sy voete te sit nie.”
Henno en Amelia Botha vorm ‘n kragtige span. Henno is ‘n aanbiddingsleier by Morelettapark en Amelia bedien profeties. Hulle raak mense aan met die liefde van Jesus.
Clarissa Nel is sedert 2005 voltyds in die bediening. Sy is ‘n leier in die kerk, in aanbidding en kinderbediening en haar hart is om mense te vestig in die Waarheid sodat hulle Christus kan ken en beleef. Sy glo ‘n “yielded life, is a beautiful life”.
Johan Smit is al 10 jaar ‘n aanbiddingsleier. Hy is lief vir die Here en lief vir mense. Hy glo dat Jesus hoop en vryheid bring.
Suzanne Naude is in 2002 van rumatoide artritis genees en haar lewe is diep aangeraak deur bonatuurlike ervarings met die Here.
“My hart is om Jesus se realiteit na mense te bring deur profetiese aanbidding. Ek glo een aanraking van Hom kan jou lewe vir altyd verander.”
Alida Schabort is sedert haar bekering in 1999 ‘n diensmaagd van die Here. So stel die Here haar in verskillende rigtings waarin sy onder andere aanbidding en koordans vir volwassenes, jeug en kinders lei. Haar hart is om in gehoorsaamheid te reageer op God se onvoorwaardelike liefde. Sy sê: “Sy stem is al wat ons nodig het. Hy lei ons in alle Waarheid.”
Die program vir die naweek is as volg:
* Vrydagaand, 13 Mei: 18:00 – Gesamentlike lofprysing en aanbidding met Ernie, Isak, Clarissa, Suzanne, Johan en Alida. * Saterdag, 14 Mei: 09:30 – Johan Smit * Saterdag, 14 Mei: 11:30 – Alida Schabort * Saterdag, 14 Mei: 14:00 – Isak Deetlefts *Saterdag, 14 Mei: 16: 00 – Clarissa en Suzanne *Saterdag, 14 Mei: 18:00 – Henno en Amelia Botha * Sondag, 15 Mei: 09:30 – Ernie Amos.
Vir navrae skakel Alida by 082 411 4408

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button