NewsNews

Eskom waarsku al weer oor krag

Eskom waarsku al weer oor krag

Terwyl beurtkrag slegs as laaste uitweg oorweeg word, sê Eskom dat die kragnetwerk veral tydens spitsverbruikstyd saans onder geweldige druk is, en dat die moontlikheid vir beurtkrag op baie kort kennisgewing steeds daar is sou daar probleme in die netwerk ontstaan.

Hoewel die kragnetwerk verlede week voldoende herstel het om beurtkrag  te kon ophef, is die publiek pas weer gewaarsku oor die moontlikheid van beurtkrag , maar is ook gesê dat Eskom hoop om sy opwekkingseenhede by Kusile en Kendall kragstasies voor die aand spitsverbruikstyd weer in werking te hê.

Sou daar enige probleme by dié eenhede wees sal daar egter groot druk op die netwerk wees. Die terugplaas van opwekkingseenhede by Matimba en Lethabo, asook 2 eenhede by Hendrina en 3 by Tutuka kragstasies,  in die kragvoorsieningsnetwerk is vertraag wat boonop verdere druk op die aand spitsvraag vir elektrisiteit plaas.

Voeg daarby die verhoogde gebruik weens die winterkoue veral soggens en saans – dan weet jy Eskom is ernstig as hy waarsku om kragverbruik veral  tussen 05:00 en 09:00 en saans tussen 16:00 en 22:00 te spaar waar moontlik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button