News

Mimosa Tuine ‘n totaal ander prentjie vandag

Groot hupstoot vir mark en plaaslike kunstenaars

Daar was vandag oorweldigende positiewe terugvoer  oor die ekstra parkeerruimte wat geskep is vir die Hartelus mark met markgangers wat vandag, Saterdag 7 Mei, vir die eerste keer kon parkeer op die ou kampterrein van die Mimosa Tuine.  Dié gedeelte van die Mimosa Tuine sal voortaan as ekstra parkeerruimte vir die maandelikse mark aangewend word, en sal die terrein ook gebruik word om stalletjies vir die Tumahole Arts & Crafs kunstenaars aan te bied as verlenging van die Hartelusmark.

Dié stalletjies was egter nog nie gereed vir vandag se mark nie, maar sal volgens beplanning met die volgende markdag, die eerste Saterdag in Junie, besigtig kan word.

Vir Parys is dit baie positief ná jare se erge verwaarlosing en vandalisme by die Mimosa Tuine wat vroeër jare ‘n baie gewilde vakansieoord was.

Dié Hartelusmark word al vir jare by Egweni River Lodge langs die oewer van die Vaalrivier gehou.  Soos wat die mark uitgebrei het, het die behoefte aan parkering geweldig toegeneem en was daar eenvoudig nie meer genoeg ruimte beskikbaar nie.

 

Selfs honde het die uitspan langs die rivieroewer geniet. 

Die organiseerders van die Hartelusmark het ‘n ooreenkoms met die Ngwathe plaaslike munisipaliteit aangegaan vir die gebruik van die ou kampterrein op markdae, en sal die organiseerders in ruil vir die gebruik van dié gedeelte van die oord, die deel netjies en skoon hou.

Die organiseerders het egter beklemtoon dat mense moet onthou dat die gebruik van die ou kampterrein nie beteken dat die hele oord nou oop is vir besoekers nie, en dat slegs beweeg kan word op die gedeelte waar die uitstallers gehuisves sal word en wat as parkeerarea gebruik gaan word, op markdae.

Daar  is ‘n nuwe ingangshek via Van Collerstraat regoor die bestaande parkeerterrein van die mark aangebring waar mense toegang tot die parkering kry op markdae.
Mense wat hier parkeer beweeg dan onder deur die brug na die Hartelusmark-terrein.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button