NewsNews

Heilbron-tak spreek bestuurder aan oor toestand van ou begraafplaas

Heilbron-tak spreek bestuurder aan oor toestand van ou begraafplaas

Die AfriForum-tak in Heilbron het op 22 April ‘n prokureursbrief en ‘n aanmaning aan Francis Moeketsi, die munisipale bestuurder in Heilbron, laat beteken.
Dit nadat dit aan die lig gekom het dat daar steeds afgestorwenes in die ou begraafplaas begrawe word nadat dit reeds in 2007 as vol verklaar is.
Moeketsi is ook deur die burgemeester van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, Victoria de Beer, belet om weer afgestorwenes in hierdie begraafplaas te begrawe, maar daarna is ten minste nog vier mense daar begrawe, sê AfriForum.

 

“Afgestorwenes word in die bestaande paadjies, wat vir ‘n spesifieke doel in die begraafplaas is, begrawe.”
“Dit het tot gevolg dat die grafte wat mense jare gelede gekoop het, ontoeganklik geword het omdat ‘n lykswa nie naby dié grafte kan stilhou nie, sê AfriForum in ’n verklaring.
Met die baie reёn gedurende die afgelope reënseisoen het die konsentrasiekampgrafte in die begraafplaas ook oorstroom omdat die onwettige grafte walle vorm, en die water nie kan wegvloei nie.
AfriForum sê dat hy verdere stappe sal neem as daar nie gehoor gegee word aan die aanmaning nie.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button