News

Die perde is iets om te sien – maak ‘n draai in Parys dié naweek

Heelwat pryse vir toeskouers wat gewen kan word!!

 

Die hoogtepunte van vanjaar se nasionale Friesperd kampioenskappe kan môre by die AfriDome in Parys gesien word, en beloof soos vandag en gister (5 & 6 Mei) ’n ongelooflike skouspel te wees met 130 Friesperde van 25 stalle wat in totaal vanjaar meeding tydens die kampioenskappe.
Jy moet verseker nie die groot nasionale kampioenskappe – die Universele Driegang en die Tradisionele Driegang klasse misloop, wat Saterdag 7 Mei vanaf 17:15 beslis word.

Foto’s met erkenning aan Heather en Hennie van den Berg, Media4 Photography.

 

Saterdag se klasse begin 09:30 en eindig die kampioenskappe om 18:30.
Toegang is gratis en besoekers is welkom om te kom kyk na hierdie prag perde en hul ruiters wat van al die provinsies regoor die land afkomstig is.

 

 

Related Articles

Back to top button