News

Adam se stryd verby

Adam se stryd verby

Die sanger Adam Barnard is vanoggend vroeg oorlede en is hy uiteindelik na sy jarelange stryd met sy gesondheid vry van pyn. Dankie vir elkeen wat sy gesin en familie met gebede en liefde omring het die afgelope jare maar spesifiek ook toe hy in ‘n koma verval het en gebede oor die naweek vir Adam gevra is.

Adam het oor die jare telkens verskeie terugslae met sy gesondheid gehad en is in ‘n persverklaring op 30 April op Adam se Facebook-blad geskryf dat hy sedert Augustus 2021 ‘n reeks traumatiese struikelblokke ervaar en oorkom het. In Februarie vanjaar het hy opgestaan uit sekerlik die swakste toestand wat hy nog was.

“Ons het verstom gestaan en het geweet hierdie sal hy deurkom en oor ‘n paar maande weer probeer werk aan ‘n oorplanting,” het sy vrou Almitra, gesê.

Maar die keer was dit anders. Sy liggaam was moeg. Sy siel en gees was moeg. Toe hy hoor dat hy weer opgeneem sou word vir infeksie, was dit soos ‘n rots wat hy moes dra.

“Ons as familie het hierdie gesprek deur en deur en oor en oor gehad. Adam is ‘n vegter. Hy het vir 37 jaar geveg. Hy het nou vir die eerste keer in baie lank geen pyn of ongemak nie.”

Adam was ‘n lid van die sanggroep Romanz en word sy heengaan diep betreur in die musiekwêreld maar ook deur almal wat vir hom lief was.

 

 

Related Articles

Back to top button