CommunityNewsNewsSport

Promosie: Fees van lofprysing en aanbidding

Promosie: Fees van lofprysing en aanbidding

Die organiseerders van die Woord & Gees Lofprysing en aanbidding konferensie nooi die hele gemeenskap van Parys en omgewing uit na ‘n naweek waarin ons God wil loof en prys en aanbid! Dit word gehou van 13-15 Mei by die AfriDome.
“Ons wil Hom saam vereer omdat Hy ons almal se God is! Omdat Hy goed is! Ons wil reageer op Sy onvoorwaardelike liefde vir ons in Woord en in Lied en in Dans. Alles onder leiding van die Heilige Gees. Dit beloof om ‘n uitgelate lofbetuiging aan ons Here te wees; maar ook ‘n intieme geleentheid waarin elkeen van ons persoonlik met die Here gemeenskap kan hê in aanbidding.”
“Dat ons saam sal kennis neem en bewus sal wees van die Here alleen in ‘n chaotiese wêreld. Dat ons verhelder en verfris sal word deur Sy teenwoordigheid, want in ‘Sy teenwoordigheid is daar versadiging van vreugde’. Dat ons as gemeenskap in eenheid sal saamkom, want waar daar eenheid is, rus die Here se seën.”
“Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saamwoon. Dit is soos kosbare olie wat afloop op die baard van Aaron, tot op die soom van sy kleed. Dit is soos die dou van die Hermonberg wat neersak op die berge van Sion. Want daar gee die Here Sy seën, ‘n baie lang lewe.”
Almal is welkom – ongeag van jou agtergrond. Toegang is gratis!

 

 

 

Related Articles

Back to top button