NewsNews

Jou kosmandjie in Januarie al 9% duurder

Terwyl oeste op die lande verskrompel, styg kostes skerp. Die koste van ’n Januarie voedselmandjie het volgens studies met 9% verhoog in vergelyking met drie maande gelede. Die afgelope drie maande het voedselpryse teen ’n agt keer vinniger koers as verlede jaar, die hoogte ingeskiet. Die droogte en die swak rand het baie handelaars gedwing om pryse op te stoot, in ’n poging om hul winsgrense te beskerm. Wanneer droogte veroorsaak dat produkte ingevoer moet word, sodat die land steeds kan voldoen aan die vereistes van die vraag wat bestaan, veroorsaak dit dat minder werk in Suid-Afrika gedoen word. Dit is die mening van professor Herman van Schalkwyk, voormalige rektor van die NWU se Potchefstroom-kampus, in ’n onderhoud wat Sabrina Dean van OFM-nuus wat reeds op 13 Februarie 2015, met hom gevoer het

Terwyl oeste op die lande verskrompel, styg kostes skerp. Die koste van ’n Januarie voedselmandjie het volgens studies met 9% verhoog in vergelyking met drie maande gelede. Die afgelope drie maande het voedselpryse teen ’n agt keer vinniger koers as verlede jaar, die hoogte ingeskiet.
Die droogte en die swak rand het baie handelaars gedwing om pryse op te stoot, in ’n poging om hul winsgrense te beskerm. Wanneer droogte veroorsaak dat produkte ingevoer moet word, sodat die land steeds kan voldoen aan die vereistes van die vraag wat bestaan, veroorsaak dit dat minder werk in Suid-Afrika gedoen word.
Dit is die mening van professor Herman van Schalkwyk, voormalige rektor van die NWU se Potchefstroom-kampus, in ’n onderhoud wat Sabrina Dean van OFM-nuus wat reeds op 13 Februarie 2015, met hom gevoer het
Johannes Möller, president van Agri SA, sê: “Die landwye droogte is die grootste natuurramp in 30 jaar en gaan gepaard met werksverliese, verdere ekonomiese verval en maatskaplike onstabiliteit. Armoede en voedselonsekerheid is onderliggend aan hierdie uiters desperate situasie wat ¬alle Suid-Afrikaners raak.” Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA het gesê: “Die regering moet ingryp omdat dit nie net ’n landbouprobleem is nie, maar ’n voedsel-sekerheidsprobleem.”
Alhoewel Pietermaritzburg ‘Agency for Community Social Action,’(Pasca) se navorsing net in KwaZulu-Natal uitgevoer is, is voedselpryse aan die styg regoor Suid-Afrika. Waar ’n 10 kg sak aartappels in November R33 gekos het, het dit verlede maand R73 gekos. Meer as dubbel volgens Pasca se voedselprys barometer. Twee koppe kool wat drie maande gelede omtrent R16 gekos het, het in Januarie R28.50 gekos. In Januarie 2016 het die Stad van Johannesburg gesê hulle voedselprogram is onder druk as gevolg van die effek wat die droogte en die hittegolf op die voedselpryse het. Verlede jaar het die stad voedselpakkies aan bykans 19 500 begunstigdes uitgedeel teen ’n koste van R2 miljoen per maand volgens Nonceba Molwele, ‘Member of the Mayoral Committee for Health and Social Development’. Tans word 34 200 mense bygestaan teen ’n koste van R6 miljoen per maand.
Volgens Gwarega Mangozhe, hoof uitvoerende beampte van die verbruikersraad van Suid-Afrika, wat meer as 11 000 maatskappye in kleinhandel verteenwoordig, lê die ergste nog voor.
Kleinhandelaars koop vooruit vir ongeveer ses tot elf maande, afhangend van die kommoditeit, om pryssekuriteit te verseker. Hy sê dat die werklike impak van die voedselprys inflasie, eers waargeneem gaan word sodra dié tydperk verstryk.
Mangozhe sê dit sal veral waargeneem kan word in die pryse van ingevoerde goedere soos rys en graan, na aanleiding van die rand se 44% insinking teenoor die dollar, sedert Januarie verlede jaar. Volgens hom het een van die voorste voedsel maatskappye alreeds aan kleinhandelaars laat weet dat hulle ’n 8-10% toename in die prys van produkte kan verwag.
Voedsel is een van die laaste uitgawes wat deur huishoudings geprioritiseer word, omdat dit die maklikste beheer kan word, in teenstelling met vervoer, opvoeding, en elektrisiteit waaroor mens moeiliker beheer het. Julie Smith, navorser by Pasca, sê dat dit huishoudings se strategie is om minder te bestee aan voedsel wanneer die begroting knap is. Baie huishoudings is egter alreeds op ’n vlak, waar voedselinname nie verminder kan word sonder om gesondheid aan te tas nie.
Alhoewel lae-inkomste huishoudings die meeste benadeel gaan word met die verhoging in voedselpryse, saam met verdere verhogings in rentekoerse, stadige groei in salarisse en toenemende kostes in kommoditeite soos elektrisiteit en water, gaan middel-inkomste huishoudings ook kwesbaar wees. Volgens Smith word daar vir elke R100 wat tot die beskikking van ’n middel-inkomste huishouding is, sowat 77% gebruik vir die afbetaling van krediet. Dit beteken dat daar net 22% oor is vir voedsel, vervoer en opvoeding.
Meer onlangs het vleispryse effens gedaal omdat boere noodgedwonge hul vee na slagpale moes neem as gevolg van die voortslepende droogte. Die verligting in vleispryse is egter net tydelik, aangesien die prys van geelmielies, vee se stapelvoedsel, nuwe rekordhoogtes van meer as R4000/ton bereik. Sodra boere weer hul kuddes begin aanvul (binne die volgende vier maande), kan ons verwag dat vleispryse deur die dak gaan skiet, waarsku Manghozhe.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button