
Motoriste met petrolvoertuie kan bietjie asem skep met die nuus dat petrolpryse vanaf Woensdag, 4 Mei met 12c per liter sal daal. Diegene met dieselvoertuie sal egter die hand dieper in die sak moet steek met ‘n styging van 92c per liter.
Die minister van minerale bronne en energie, mr. Gwede Mantashe het hierdie finale brandstofpryse vir Mei vandag (Donsdag, 3 Mei) aangekondig.
Diesel styg met 92c per liter, terwyl paraffien ook met 79c per liter styg.
Dit kos tans R 21.60 vir 95-oktaan-petrol en R 21.35 vir 93-oktaan-petrol. Die petrolprysverlaging sal beteken dat verbruikers vir 93-petrol R 21.23 en R 21.48 vir 95-petrol sal betaal.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




