News

Kyk: Foto’s van reddingspoging by Vaaldam-sluise

Kyk: Foto's van reddingspoging by Vaaldam-sluise

Die Seereddingsinstituut het Sondag 1 Mei tot die redding gekom van ‘n Johannesburgse man toe sy ski-boot se enjin oënskynlik onklaar geraak het, en dit teen die Vaaldam se wal vasgedryf en tussen die twee oop sluishekke beland het.

Die Seereddingsinstituut het departement waterwese en sanitasie gevra om die sluishekke toe te trek sodat dit veiliger sou wees vir die reddingspan om die man te hulp te kon snel.

Nadat dit veilig was, kon die reddingspan die man uit die water kry. Daar was groot lof ná die voorval vir Pieter Vermaak van departement waterwese en sanitasie vir sy blitsigte optrede om die sluishekke toe te maak.

Daar is tans een sluishek oop by die Vaaldam.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button