3 480 Vierkante se omgee

3 480 Vierkante se omgee

Die mooiste helderkleurige komberse, gemaak van nagenoeg 3 480 vierkantblokke van 15cm x 15cm sal hierdie winter verseker dat 87 bejaardes ‘n warm gebreide of gehekelde kombers sal hê.

Dit danksy soveel gewillige hande, wat van oraloor help brei en hekel het aan die vierkante wat aanmekaar gewerk kon word vir komberse vir die bejaardes van die Amot Tehuis vir Bejaardes in Parys.

 

 

Die projek is ‘n paar weke gelede deur die onderneming, Anna Patat, in Parys se hoofstraat, en die NG gemeente Parys-Wes gesamentlik aangepak en al wat gevra is, is dat elke hand wat kan hekel of brei in enige kleur, enige wol en enige patroon ‘n blokkie moes brei of hekel.

So het die hekel- en breipenne toe behoorlik gewikkel soos mense gehelp brei het aan die vierkante, of die reeds gebreide en gehekelde vierkante help vaswerk het om komberse te maak.

Mense van oraloor het ingespring en gehelp en is selfs blokke uit ander dorpe ontvang.

Dankie aan elke gewillige hand wat geen moeite ontsien het om te help met die projek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button