Nuwe terreinbestuurderspaar vir Doornkloof ná vloedtragedie
Nuwe terreinbestuurderspaar vir Doornkloof ná vloedtragedie


Die Voortrekkers se Doornkloof-kampterrein het ‘n nuwe kampbestuurderspaar. Vrystaat Voortrekkerkommando’s het vandeesweek Chris en Corli Ackerman, en hul seuntjie Chris Jr, op Doornkloof verwelkom.
Dit volg nadat vloedwater vroeër vanjaar op 4 Februarie, tydens n angsnag wat kwalik in woorde beskryf kan word, die 59-jarige Chris Gillomee, wat terreinbestuurder by Doornkloof was, meegesleur het, en groot skade aan infrastruktuur op die plaas aangerig het.
Chris het juis opgestaan om seker te maak dat almal op die terrein veilig was. Leerders van Hoërskool Witteberg was vir n koorkamp op Doornkloof en is na veiligheid geskuif. Boere in die omgewing het gehelp om die kinders na Lindley te bring vanwaar ‘n bussie hulle na Bethlehem geneem het.
Gillomee wat 4 jaar lank terreinbestuurder was, se liggaam is na n soektog gekry.
Groot struktuurskade is met die vloed op Doornkloof aangerig, en is Doornkloof oorval met aanbiedinge van hulp en ondersteuning na die tragiese gebeure.
Die Voortrekkers se gebiedsdagbestuur het intussen elkeen wat op watter manier ookal bygedra het tot die Doornkloof Rampfonds opreg bedank. Die Rampfonds het op 30 April gesluit.





