NewsNews

All Things Adventure is terug!

Alles en nog meer vir die buitelewe entoesias

Op 27 Augustus gaan die All Things Adventure buitelugfees weer in Parys aangebied word.
Dié fees beloof soos om in die verlede iets vir almal, aan te bied. Die gewilde 4×4 baan is weer oop, terwyl daar ook ‘n bergfietsresies aangebied gaan word.
Vlieghengel, ‘river rafting’, ‘Kayak sprints’, ‘Absailing en lugballonritte is van die aktiwiteite wat op die dag aangebied gaan word.
Vir die jong klomp is daar die ‘Kids Badger Race’ maar ons het nie van die ouer garde vergeet nie – daar sal ook ‘n ‘Badger Race’ vir volwassenes wees.
As jy hou van die buitelewe en om aktief te bly kan jy nie die All Things Adventure misloop nie.

 

Uitstallers van verskeie buitelewe gereedskap sal hier wees om jou met hulle nuutste toestelle reg te kry vir jou volgende avontuur. Van voertuie, karavane, bote en tente.
Met soveel om te doen is jy gewaarborg om lekker honger te raak. By All Things Adventure is daar ’n groot verskeidenheid kosse, lekkernye en koue verversings om van te kies.
Enige fees is nie volmaak as daar nie ook bietjie rustiger vermaak is nie. Daarom is All Things Adventure besig om kunstenaars vir oud en jonk vir die fees vas te maak. Jy sal rustig kan sit en jou verversing geniet terwyl die kunstenaars jou met hulle musiek betower.
Kaartjies sal teen R70 vir volwassenes verkoop word, pensioenarisse is R40, kinders tussen 6 en 13 is R30 terwyl kinders onder 6 die dag verniet kan kom geniet.
As jy ‘n stalletjie by All Things Adventure wil bespreek kontak gerus vir Antoinette Badenhorst op potchsn@media24.com

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button