News

Die water raak minder soos wat Vaaldam nog sluise toemaak

Die water raak minder soos wat Vaaldam nog sluise toemaak

Nog ‘n sluis sal vanoggend om 10:00 by die Vaaldam toegetrek word wat sal beteken dat daar dan nog net twee sluise in totaal by Vaaldam oop sal wees.

Bloemhofdam sal ook uitvloei aansienlik verminder vandag met 200 kubieke meter per sekonde na 1 000 kubieke meter per sekonde om 10:00, en dan ‘n verdere vermindering om 14:00 na 800 kubieke meter per sekonde wat uitgelaat sal word.

Vaaldam is nou 108,34% vol en Bloemhofdam 103,08%

Maar al het die Vaalrivier se watervlak nou al aansienlik gesak die afgelope week, bly die bekoring wat die rivier vir mense inhou steeds daar en kon daar die week nog heelwat ”waterkykers” langs die oewer van die rivier in Parys gesien word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button