NewsNews

Sjoe kyk net watter verskil is hier gemaak!

Hier het hande vandag gehelp om ander te help

 

Soveel gewillige hande, meestal dié van Parysenaars, het vandag hul vakansiedag opgeoffer om seker te maak dat bejaardes van dié dorp se Amot Tehuis vir Bejaardes hierdie winter warm sou wees.

By Anna Patat in die dorp se hoofstraat, het die brei- en hekelpenne behoorlik gewikkel soos mense gehelp brei het aan vierkante, of die reeds gebreide en gehekelde vierkante help vaswerk het om komberse te maak vir die bejaardes.

 

Die projek is ‘n paar weke gelede deur Anna Patat en die NG gemeente Parys-Wes gesamentlik aangepak en al wat gevra is, is dat elke hand wat kan hekel of brei in enige kleur, enige wol en enige patroon ‘n blokkie van net 15 x 15cm sou maak om iemand hierdie winter warm te hou.

Mense van oraloor het ingespring en gehelp en is selfs blokke uit ander dorpe ontvang. Vroeër vandeesmaand was daar al 30 komberse gereed en meer as 100 vierkante het toe gewag om aanmekaar gewerk te word –  maar vandag was beslis ‘n groot hupstoot vir die projek.

Dankie aan elke gewillige hand geen moeite ontsien het om te help met die projek.

Jy kan steeds help. Die projek sluit op 30 April. Tot dan kan jy die blokke by Anna Patat in Breëstraat afgee. Mense kan ook hul skenkings (wol/blokke) met Paxi pos, en as jy nie self kan brei of hekel nie, kan jy ook wol of hekelgare stuur of gaan afgee by Anna Patat in Breëstraat.

Onthou elke blokkie maak ‘n verskil vir ‘n bejaarde wat jy dalk nooit sal ontmoet nie, maar wat die warmte en vreugde van die projek gaan ervaar.

Vir navrae of meer inligting kan jy 079 386 2831 skakel of ‘n WhatsApp stuur.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button