

Lede van die plaaslike Mimosa-jukskeiklub het spelers van Vereeniging en Vanderbijlpark verlede week die stryd aangesê vir ‘n rondomtalie-kragmeting wat op die Mimosa-klub se bane beslis is. Drie trekke van 45 minute elk is gespeel, met die oudste speler wat die dag deelgeneem het, die 93-jarige Chris Haefele van Parys.


Belangstellende spelers wat by die Mimosa-klub wil aansluit is welkom om 082 928 6579 of 078 414 0832 te skakel vir meer inligting.
Die klub oefen Dinsdae en Donderdae van 09:00-11:00 op die NG-gemeente Parys-Wes se kerkterrein.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



